Kernbom kom uit die ruimte

Russiese wetenskaplikes werk aan ’n program om ’n nuwe soort bomwerper te ontwikkel wat binne ’n tydperk van twee uur na enige plek op aarde kan vlieg en ’n kernaanval kan lanseer uit die ruimte.

Die eerste toetse met ’n prototipe van die stelsel was reeds suksesvol uitgevoer en is die “hipersoniese” PAK-D bomwerper wat ook onsigbaar is vir radartegnologie.

Die nuwe tegnologie sal na verwagting vanaf 2020 die lugruim ingaan met ’n spesiaal ontwerpte turbo-aangedrewe stelsel wat die tuig in staat stel om ’n lang vlug uit te voer.

Die PAK-D bomwerper sal solank hy binne die aarde se atmosfeer vlieg, met ’n spesiale vliegtuigbrandstof aangedryf word, en sodra dit die buitenste ruimte ingaan, skakel dit oor na metaan en suurstof wat meebring dat die tuig uiteindelik sonder lug kan vlieg.

Die vliegtuig is ontwerp om vanaf ’n gewone militêre lughawe na die ruimte te vlieg, terwyl een lading langafstand vuurpyl wat hipersoniese kernaangedrewe is die tuig in die niet laat verdwyn.

Vanuit die ruimte word die aanval gedoen op die spesifieke teikengebied waarna dit outomaties terugkeer na die oorspronklike basis.

Rusland, Amerika en Sjina is in ’n wedloop gewikkel met die ontwikkeling van hipersoniese vliegtuie en vuurpyle wat tot vyf keer die snelheid van klank sal bereik.

Die enorme tuig word in September tydens die Internasionale Militêre Tegnologieforum in Moskou ten toon gestel.