Jong Duitse miljoenêr sterf in ongeluk

Thomas Wagner het in ’n vliegongeluk met ’n ses sitplek Piper 32 tuig die lewe gelaat tussen Venisië en Leipzig toe dit in ’n Sloweense woud neergestort het.

Voor die ongeluk plaasgevind het, kon die 73-jarige vlieënier ’n sein uitstuur, maar kort daarna is die kommunikasie verbinding verbreek.

Die vlieënier en sy drie passasiers het almal omgekom, waarvan een die jong Duitse miljoenêr, Thomas Wagner is.

Wagner (38) is ’n internet entrepreneur wat sy maatskappy “Unister”  as ’n student begin het in 2002.

Die organisasie het in 15 jaar gegroei sodat daar nou 1,200 werknemers in diens is, en die maatskappy ’n bate is van meer as $550 miljoen.

“Unister” beheer etlike honderde webtuistes en onder meer ook ’n aanlynbemarker van motorvoertuie.

Senior personeel het onderneem om getrou aan hulle werkgewer, die maatskappy se belange te dien na die beste van hulle vermoë.

Kundiges in die bedryf sê Duitsland het een van sy mees belowendste entrepreneurs verloor, wat nie maklik vervang kan word nie.

Foto – Thomas Wagner