Jensen Interceptor – ‘n gesogte versamelaarsmotor

Jensen Interceptor motors is ‘n sportiewe motor in die GT-sportmotorklas en een van die minder bekende motors in die motorwêreld.

Dit is egter ‘n motor met ‘n uitsonderlike karakter. Dit is een van die die eerste produksie motors wat met vierwiel aandrywing toegerus is. Voorts is ander motorfabrikate se kragbronne gebruik. Vroeëre modelle is met die hand in die Kelvin Way Factory West Bromwich naby Birmingham in Engeland gebou.

 

Glas versterkte plastiek panele is aanvanklik gebruik in die vervaardiging van bakpanele. In nuwer modelle is daar teruggekeer na ‘n staalbakwerk. Die ontwerp is gedoen deur Carrozzeria Touring in Italië en van die oorspronklike bakke is in Italië by Vigale gebou voordat Jensen dit self in hulle fabriek begin bou het. Toe Jensen die produksie oorgeneem het, is verskeie bakwerkveranderings aangebring.

 

Chrysler V8-enjins is in die motor gebruik. Daar is aanvanklik begin met die bekende 383(6276 kub. sentimeter) wat in 22 motors ingebou is wat die agterwiele deur ‘n Salisbury beperkteglip ewenaar aangedryf het. Die kragoorbrenging van die enjin na die agteras het deur middel van TorqueFlite outomatiese ratkas of ‘n vierspoed handratkas plaasgevind. Chrysler het hierdie kragbron afgegradeer van 335-perdekrag na 250-perdekrag, maar Jensen het verkies om die opgegradeerde 440 kub. duim(7200 kub. sentimeter) kragbron te gebruik. Die werkverrigting van hierdie motor was van buitengewone aard met ‘n hoë topsnelheid en ongelooflike versnelling.

 

Een van hierdie enjins se brandstoftoevoer is gedoen deur middel van ‘n enkel, vierkeel vergasser en het 305-perdekrag gelewer, terwyl ‘n ander enjin drie dubbelkeel vergassers gebruik het en sy kraglewering was 330-perdekrag.

 

Jensen het sy stilering van die Brasinca Uirapuru geneem en die bekende groot agtervenster het die werk verrig as kattebakdeksel. In die oorspronklike spesifikasies is daar voorsiening gemaak vir elektriesbeheerde vensters, voorste sitplekleunings wat kon platvou, houtraam stuurwiel, radio met twee luidsprekers, tru-ligte, en ‘n elektries gedrewe horlosie. Vanaf 1968 is ‘n kragstuur geïnstalleer en vanaf 1969 is die voorste ligte se stilering verander, die sierrooster is verander en die agterligte is ook verander.  Binne-afwerking is aangepas om by Amerikaans regulasies aan te pas wat tot voordeel van die passasiers en bestuurder was. Afslaankap modelle is gebou, maar was minder gewild. Die volgende modelle was beskikbaar naamlik 2-deur 4-sitplek luikrug, 2-deur 4-sitplek afslaankap en ‘n 2-deur 4-sitplek koepee.

 

Gedurende 1971 is die die voorkant verder verander en het lugversorging deel van die binne-afwerking geword. Gedurende 1975 het die wêreld wye resesssie en probleme met die Jensen-Healey sportmotor daartoe bygedra tot die beëindiging van die vervaardiging van die motor in 1976.

 

Vandag is hierdie motor ‘n gesogte versamelaarsmotor en indien dit wel bekom kan word, gaan dit jou ‘n hele paar rand uit die sak jaag.