Inhoud van damme wek kommer

Alhoewel groot dele van die Wes-Kaap reeds goeie reën ontvang het, is daar nog gebiede wat hunker na opvolgreën om die stand van water in die opgaardamme te verbeter.

Tans het die damme slegs sowat 35% water van hulle totale kapasiteit en met die winter wat reeds in die helfte is, word baie opvolgreën baie nodig om die droë somermaande in te gaan.

Teen die einde van Maart was die Wes-Kaapse opgaardamme slegs 32% vol, teenoor verlede jaar Maartmaand se meer as 45%.

Die algemene stand van damme is tans sowat 50% teenoor verlede jaar se meer as 75% vir die ooreenstemmende tyd.

Die Oos-Kaap het gemiddeld 68% teenoor 78% verlede jaar, en die Vrystaat het slegs 53% teenoor 89% verlede jaar.

Sentraal-Transvaal het 86% teenoor 91% verlede jaar, en Natal het 47% wat veel minder as verlede jaar se 70%.

Noord-Transvaal het 58% teenoor 84% verlede jaar, die Noord-Kaap het 61% wat veel minder is as verlede jaar se 83% en Wes-Transvaal het onveranderd gebry op 66%