Hoof van SEF bedank

Die uitvoerende hoof en die voorsitter van die staatsbeheerde Strategiese Energie Fonds (SEF) het bedank.

Die stap volg net ‘n dag nadat die departement van energie aangekondig het dat ‘n ondersoek gedoen gaan word na SEF se aanbod, sonder enige goedkeuring om Chevron se bates in die land te koop.

SEF, wat verantwoording doen aan die departement, het aangedui dat hulle aansoek gedoen het om ‘n 75% aandeel in Chevron se raffinadery en vulstasies te koop.

Die minister van energie se toestemming moes egter hiervoor bekom word, maar dit is glad nie gedoen nie.

Die Sentrale Energie Fonds wat deel vorm van SEF het intussen die bedanking van die fonds se voorsitter, Riaz Jawoodien, en die waarnemende uitvoerende hoof, Sibusiso Gamede, aanvaar.