Herleef veldfliekdae met Modder en Bloed by CVO Pta-Noord

Herleef iets van die nostalgie van die goeie ou inry-dae en gaan kyk na die nuwe rolprent, Modder en Bloed, wat tydens die Tweede Vryheidsoorlog afspeel, op die CVO Pretoria-Noord se rugbyveld.

Die vertoning is op Woensdag, 27 Julie, by die CVO Pretoria-Noord, op die hoek van Daan de Wet Nel-rylaan en Sewende Laan op die rugbyveld. 

Komberse en piekniekmandjies is welkom. 

Die hekke maak vier uur oop en die vertoning begin half ses. 

Kaartjies te koop by iTickets.co.za óf skakel 086 1000 291 óf koop die aand van die vertoning kaartjies by die hek vir R60. 

Daar sal ook iets te drink en te eet wees op die aand by Wollies en CVO se stalletjies.  Warm sop, koffie, pannekoek en hotdogs sal sorg vir innerlike versterking.