Haatspraak klagte teen Zuma weer uitgestel

Die Menseregtekommissie (MRK) het nogmaals uitstel aan president Jacob Zuma gegee oor ‘n klagte van haatspraak teen hom omtrent uitlatings oor Jan van  Riebeeck.

Zuma het uitstel tot 31 Julie uitstel gevra en die MRK het dit toegestaan.

Gister was die tweede sperdatum wat verbygegaan het sonder dat Zuma verantwoording gedoen het oor sy haatspraak dat “al die probleme” het in 1652 begin toe Jan van Riebeeck in die Kaap voet aan wal gesit het.

Volgens Zuma het “talle stryde, oorloë, sterftes, die gryp van grond en die ontneming van inheemse mense se politieke en ekonomiese mag” daarop gevolg.

Die VF Plus se klag teen die president het volgens adv. Anton Alberts ten doel dat die MRK ‘n beslissing moet maak oor die kompleksiteit van hierdie deel van die geskiedenis sodat die kwessie nie weer in die toekoms misbruik kan word nie.

Foto – Jan van Riebeeck