Grond transaksies styg in Wes-Kaap

Gedurende die afgelope jaar tot einde Februarie 2016 het die verkope van plase in die Wes-Kaap gestyg teenoor die vorige boekjaar.

Transaksies ten bedrae van R4,8 miljard is aangegaan in 475 transaksies waar grond van eienaar verwissel het.

Die transaksies vertoon ’n gemiddeld van vier transaksies elke maand, en waarnemers wys daarop dat die groeiende aantal transaksies gepaard gegaan het met ’n redelike daling in die pryse.

In enkele distrikte was ’n styging in grondpryse waarneembaar, en kenners meen die verkope grens aan paniek deur landbouers wat onseker is oor die toekoms van die bedryf met die regering se grondgrypbeleid.

Slegs 5% van die transaksies is aangegaan met anderskleuriges, wat ook insluit die regering se aankope vir munisipale doeleindes.

Altesaam 13 anderskleuriges was by grondaankope betrokke wat vir hulle privaat doeleindes aangegaan is.

Hiervan was slegs een transaksie aangegaan met die bedoeling om landbou-aktiwiteite te bedryf.

Die grootste aantal transaksies was waar kleiner stukke landbougrond van eienaar verwissel het. Baie transaksies was vir stukke grond van 20 tot 50 hektaar aangegaan.