Griekeland sal vlieëniers uitlewer

Die regering van Griekeland het die Turkse owerheid beloof om die agt vlieëniers wat betrokke was by die staatsgreep so spoedig moontlik uit te lewer.

Die agt mense het uit Turkye gevlug na Griekeland nadat hulle besef het dat die staatsgreep nie geslaag het nie.

Kort na die nag se gevegte in Turkye, het die agt per helikopter na Griekeland uitgewyk in die hoop om vervolging vry te spring.

Die Turkse minister van buitelandse sake, Mevlut Cavusoglu, het die inligting bekend gemaak na ’n telefoniese gesprek gevoer is met sy Griekse eweknie.

Die agt voortvlugtendes het met die helikopter sonder enige toestemming van die Griekse owerheid, geland op die lughawe van Alexandropoulos in die noorde van Griekeland.

Die agt is in die vroeë oggendure, kort nadat hulle geland het met die Black Hawk-helikopter deur die Griekse polisie in hegtenis geneem.

Intussen het lojale weermaglede van die president die helikopter uit Griekeland teruggeneem na ’n basis in Turkye.