Gesteelde skape by Kroonstad teruggekry

Drie mans is in hegtenis geneem toe die polisie naby Kroonstad afgekom het op 44 vasgebinde Meatmaster-skape agterin ‘n vragmotor.

Die polisie is deur ‘n boer van die verdagte vragmotor verwittig wat van Edenville se rigting gekom het.

Nadat die polisie die vragmotor van die pad getrek het, het hulle die skape gekry en drie mans in hegtenis geneem.

Al die skape is aan die eienaar, wat in die Edenville-distrik boer, terugbesorg.

Die verdagtes sal binnekort in die Kroonstadse landdroshof verskyn.

Foto – Meatmaster-skape (ter illustrasie)