Franse stuur wapens na Irak

President Francois Hollandè sê in ’n verklaring dat Frankryk nie enige troepe stuur om teen die Islamitiese Staat te veg nie, maar stuur wel voldoende wapentuig wat deur die regering van Irak gebruik kan word.

Die besluit van die Franse regering kom nadat ’n vragmotorbestuurder wat lid van die Islamitiese Staat is, vir die dood van 84 burgerlikes verantwoordelik was.

Frankryk is tans besig om swaar wapentuig gereed te kry wat na Irak versend moet word om die regering van die land se hand te sterk teen die terroriste.

Swaar artillerie sal gedurende Augustus aan Irak beskikbaar gestel word volgens die Franse president wat sê dit is Frankryk se bydrae om die IS-terroriste te beveg, maar sal ook meer vegvliegtuie aanwend in die komende maande.

Frankryk het reeds verskeie aanvalle uitgevoer op terroriste basisse en daarmee die IS-magte swaar verliese toegedien.