Filippyne kry omstrede president

Die omstrede Rodrigo Duterte is as president aangewys in die Filippyne en het tot menige een se verbasing, enkele ure na sy inhuldiging as president, burgers vermaan om dwelmverslawing te vermy.

Die 71-jarige Filippynse politikus het ook gesê hy gaan meedoënloos optree teen misdadigers in die land.

As voormalige burgemeester van Davao City, voer hy steeds ’n beleid van geen kompromie met misdadigers nie.

Die man het ’n rekord dat hy die stad wat bekend was as die “moord hoofstad” van die land, binne enkele jare omskep het in ’n stad met die naam, “stad van vrede”.

Die president het die afgelope naweek in ’n kort toespraak belowe dat ’n deurlopende stryd teen misdaad gevoer sal word, en dat geen genade gegee sal word aan dwelmsmokkelaars, bende geweld, algemene kriminele oortreders en moordenaars nie.

Gerugte doen die rondte dat die president voorheen “ongevoelig” was vir die dood van ’n Sjinese dwelmbaas, en was daar bewerings dat hy verantwoordelik was vir die bordjie wat by die dwelmbaas se lyk was.

Op die bordjie is geskryf “Sjinese dwelmbaas, vermoor hom maar”.

Hy het die kiesers gewaarsku dat misdaad met swaar strawwe, en in sekere gevalle met die doodstraf, vergeld sal word.

Foto – President Rodrigo Duterte (regs) en vise-president Leni Robredo