Fauresmith uithourit skop af

Die Fauresmith-uithourit begin vandag met altesaam 536 ruiters wat ingeskryf het vir een van die taaiste ritte in die wêreld.

Altesaam 11 perderuiters van Boswana, Namibië en Zambië neem vanjaar deel.

Die uithourit duur drie agtereenvolgende dae en sal vanjaar te midde van yskoue weer begin met die temperatuur wat tot minus vier sal daal.

Ongelukkig sal een van die ou bekendes, Ami de Wet, wat in sy laat sewentigs is en talle Fauresmith-uithouritte voltooi het, vanjaar nie deelneem nie. Hy herstel tans in die hospitaal na ‘n hartaanval.