EU se kredietwaardigheid verlaag

Die wêreldbekende krediet beoordelaar, Standard & Poor het die kredietwaardigheid van die Europese Unie (EU) verlaag van AA Plus na AA.

Die afgradering volg nadat die Britse kiesers besluit het om ten gunste van uittrede uit die EU te stem.

In die verslag wat uitgereik is, word daarop gewys dat die afwaartse gradering nodig is weens die onsekerheid oor die finansiële toekoms van die EU.

Die moontlikheid dat ander lande die Britte se voorbeeld kan volg, word as ’n sterk moontlikheid beskou.

Brittanje moes ook sien hoedat sy status van AAA verlaag is na AA nadat dit bekend geword het dat lidmaatskap van die EU beëindig gaan word.