Eskom skok wag op ekonomie

Die Suid-Afrikaanse ekonomie kan regmaak om nog ‘n skok te absorbeer weens Eskom se nuwe aangepaste syfers vir die boukoste van twee van sy grootste kragstasies met bykans R83 miljard en die kragvoorsiener se stygende multi-miljard rand skuldlas.

In die lig hiervan is dit waarskynlik dat Eskom sal probeer om energiepryse hoër as die inflasiekoers op te stoot ten koste van besighede, huishoudings en ekonomiese groei.

Eskom se hoër koste plaas natuurlik weer druk op die instelling en die regering se krediewaardigheid.

Volgens die 2016-jaarverslag wat Eskom vrygestel het, het die boukoste van Medupi van R105 miljard na R145 miljard verhoog en dié van Kusile van R118,5 miljard na R161,4 miljard.

Voortdurende vertragings in die bouskedules en onvoldoende tyd vir bepaalde beplanning het glo bygedra tot hierdie styging tot ‘n bedrag van R306,4 miljard (teenoor R223,5 miljard). Die rol wat stakings in hierdie vertragings gespeel het, is beduidend.

Die vooruitsigte vir Eskom ten opsigte van sy skuldlas en kredietgradering laat dit saam met hierdie steeds stygende boukoste van Kusile en Medupi inderdaad lyk asof die regering weer in die toekoms ‘n reddingsboei sal moet uitgooi vir die instelling.

Foto – Medupi kragstasie