Egpaar bedrieg talle boere

’n Blanke egpaar van Wes-Transvaal is deur beamptes van die Valke vasgevat nadat hulle na bewering ’n aantal boere met etlike miljoene rand gekul het.

Die egpaar, Daniel en Elizabeth Smit is in Wes-Transvaal aangekeer omdat hulle na bewering saamgewerk het om sewe landbouers in die omgewing van Coligny op bedrieglike wyse gekul het.

Volgens gerugte het die egpaar by boere beeste en veevoer gekoop wat per tjek betaal is, maar die tjeks is deur die bankiers terugverwys na die trekkers daarvan.

Volgens ’n mediaverklaring wat deur die Valke uitgereik is, het die egpaar reeds in die streekshof in Lichtenburg verskyn, en is op borgtog van R50,000 elk vrygelaat.

Die bekende egpaar sal op 17 Oktober weer in Lichtenburg se streekshof verskyn waar hulle saak aangehoor sal word.

Volgens die Valke beloop die beweerde bedrog bykans R5 miljoen en kan die saak etlike dae duur.