Eerste drieling ooit na Olimpiese Spele

Die eerste drieling wat ooit gesamentlik na die Olimpiese Spele is as deelnemers, het vanjaar gereedgemaak om na Rio te vertrek.

Onder die toepaslike slagspreuk, “Trio na Rio”, sal die 30-jarige drieling van Estland, Liina, Laila en Lily Luik aan ’n marathon deelneem.

Die drie blondekop vroue is van hulle kinderdae baie aktief en het hulle moeder Lea, haar hande vol gehad om die drie woelwaters in toom te hou.

Sy het haar drieling goed opgevoed en hulle na ’n musiekskool gestuur waar hulle geleer is om verskillende musiekinstrumente soos viool en klavier te bespeel.

Ma Lea, soos die meerderheid van die bevolking, is nie oortuig daarvan dat vroue ’n beroep in sportsoorte behoort te volg nie, en vrees dat hulle in rolstoele sal eindig as hulle voortgaan met sportbeoefening.

Tans kry die drieling hulle afrigting van ’n deskundige wat verbonde is aan een van die land se beste universiteite.