Duisende Turkse amptenare geskors

Die Turkse regering het nog nie die veldtog teen opponente gestaak nie, en het Maandag en Dinsdag nog duisende werkers die trekpas gegee of minstens geskors.

Na afloop van ’n mislukte staatsgreep, is duisende werkers in verskillende sektore gearresteer, en baie het hulle werk verloor.

Die afgelope dae het die getal wat geskors, afbetaal of vervolg is, gestyg tot bykans 60,000 mense wat in die openbare dienste werksaam was.

Die werkers word afbetaal en geskors omdat hulle glo op een of ander wyse betrokke of ondersteuning verleen het aan diegene wat die staatsgreep beplan het.

In die afgelope twee dae is meer as 15,000 werknemers in die departement van opvoeding geskors, asook 257 seniors in diens van die eerste minister se kantoor.

Ongeveer 1,500 dosente en hoofde by universiteite is gevra om hulle bedankings in te handig.

Skokgolwe trek deur Europa nadat verneem is dat die president gesê het as die parlement die wetgewing deurvoer om die doodstraf heringestel te kry, sal hy die wet onderteken.

Meer as 20 webblaaie van koerante is deur die regering geblok in ’n poging om negatiewe nuusberigte wêreldkundig te maak.

’n Regeringswoordvoerder sê die owerheid voer ’n wettige handeling uit in belang van die Turkse bevolking, en sal voortgaan daarmee solank dit nodig is om mense uit hulle poste te ontslaan.

Ondersteuners van die land se regering sê geen regeerder het soveel gedoen vir Turkye se mense as die huidige president nie, want hy het die ekonomie reggeruk en die belange van die mense eerste gestel.

Duitsland se minister van buitelandse sake het Turkye gewaarsku om nie met ’n heksejag teen politieke opponente te begin en ’n lang uitgerekte noodtoestand te handhaaf nie.

Foto – Pres. Recep Tayyip Erdoğani