Druk van stembriewe begin

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sal van vandag af begin om stembriewe vir die munisipale verkiesing op 3 Augustus te druk.

‘n Rekordgetal van 200 partye en meer as 61 kandidate sal in die komende verkiesing landswyd teen mekaar te staan kom.

Dit is 65% meer partye en sowat 12% meer kandidate as wat in 2011 aan die munisipale verkiesing deelgeneem het.

Die Nationale Freedom Party (NFP) is een van die grootste partye wie se naam vanjaar se stembriewe sal verskyn nie. Die party het nie betyds sy deposito betaal om aan die verkiesing deel te neem nie.