Dr. Verwoerd se lewe in nou op DVD

DVD’s oor dr Verwoerd se lewe sal tydens ‘n gala-geleentheid op 10 September 2016, presies, dag en datum, 50 jaar na sy begrafnis, vrygestel word.

Daar is twee DVD’s: die een oor dr Verwoerd as openbare figuur, die ander van hom as private – en gesinsman.

In onderhoude vertel sy kinders, en andere, oor hulle herinneringe aan hom as vader en gewone mens. Hulle vertel onbekende feite oor hom, wat bewys watter innemende, saggeaarde en diep gelowige mens hy was; hulle vertel van ander aanslae op sy lewe as net dié van 1960 en 1966; en nog interessante besonderhede.

Hulle het ook ou film-, foto-, en klankmateriaal, wat nog altyd net in die besit van die Verwoerd-kinders was, aan die produsente beskikbaar gestel, met toestemming om dit te mag gebruik. Daar sal dus materiaal wees wat die publiek vir die eerste keer te siene en te hore gaan kry.

Die gala-vrystellingsgeleentheid van die Instituut vir Kultuur en Geskiedenis sal plaasvind in die sarkofaagsaal van die Voortrekkermonument in Pretoria, met ‘n ligte vingerete-onthaal wat na die tyd in die heldesaal aangebied sal word.

Drag is formeel. Die tyd is 19:00 vir 19:30, en sjerrie sal vooraf op die terras voor die Monument aangebied word. Kaartjies, teen R200 per persoon, sluit toegang en die onthaal na die tyd in.

Kaartjies kan by [email protected], of ons webtuiste by www.hfverwoerd.co.za bespreek word.

‘n Beperkte aantal van die stel van 2 DVD’s sal ook die aand vir aankope beskikbaar wees.

U kan gerus ook ons Facebook-blad by https://www.facebook.com/hfverwoerd/ besoek, waar u meer inligting en van die foto’s wat aan ons beskikbaar gestel is, sal vind.

Deur die geleentheid by te woon, kan daar skouspelagtig aan die vyande van die Afrikanervolk getoon kan word hoe véél waardering en respek daar nog steeds vir dr Verwoerd bestaan.