Die Koue Oorlog het begin

Die Navo-leiers is in die Poolse hoofstad Warskou saamgetrek om onder meer te besluit oor die troepemag wat in die oostelike lande van Europa ontplooi moet word.

’n Tweede rede is om ’n uitnodiging te rig aan Moskou tot ‘n dialoog, aangesien president Poetin van Rusland ingestem het tot sodanige gesprek.

In ’n reuse sportstadion wat bykans 60,000 mense kan huisves, en wat spesiaal opgerig was vir die 2012-Wêreldsokker, beskik ook oor pragtige konferensie geriewe waar die Navo-leiers vergader.

Meer as 40 state se afgevaardigdes word gehuisves, en die duisende mense, waarvan ’n groot deel joernaliste en sekuriteitspersoneel is, word gemaklik in die ruimte van die stadion geakkommodeer.

Tussen al die reëlings en swierige onthale, word ook indringende gesprekke gevoer, en die Navo sekretaris-generaal, Jens Stoltenberg wil sien dat die lidlande ’n stewige eenheid vorm.

Hy het voor die aanvang van verrigtinge gesê Navo sal met gepaste maatreëls die Russe teenstaan, maar wil voortdurend in dialoog wees met Moskou.

Hy reken die Koue Oorlog is geskiedenis, maar die honderde verslaggewers wat in die stadion saamdrom en onderhoude voer met afgevaardigdes, stem nie saam nie en reken die Tweede Koue Oorlog het begin.

Jens Stoltenberg sê die Koue Oorlog is geskiedenis, en Navo wil die posisie bly handhaaf, maar Russiese leiers het vroeër Navo daarvan beskuldig dat hy die spanning verhoog met die ontplooiing van troepe en militêre toerusting op die oostelike grense teen Rusland.

Navo se verweer is dat die Russe se oorname van die Krim-gebied, en ’n deel van die oostelike Oekraïne vrese laat ontstaan het van algehele oorname van die land.

Rusland word beskuldig van voortdurende konflik in die Oekraïne en onrus in ander Balkan-state, maar die president van Frankryk, Francois Hollandè sê Rusland is nie ’n bedreiging nie, veel eerder ’n vennoot.

Frankryk het geen bykomende troepe of toerusting bewillig om na die oostelike lande te stuur nie.

Michaël Gorbatsjov, die voormalige Russiese president, het in ’n media onderhoud gesê die Westerse lande berei voor vir ’n groot Wêreldoorlog en bygevoeg dat die Weste besig is om die Koue Oorlog te hervat om dit nader te bring aan ’n volledige oorlog.

Foto – Navo-leiers in Warskou