Colombia gaan sy buurman help

Mense en die regering van Colombia het bekend gemaak dat hulle hul wil ontferm oor die mense van Venezuela, waar die mense gebuk gaan onder ernstige tekorte aan noodsaaklike lewensmiddels.

Die hulp word verleen aan die buurland weens die ekonomiese krisis wat heers as gevolg van die lae olieprys terwyl die land se ekonomie gebou is op sy ryk olievelde.

Die minister van buitelandse sake, Maria Angela Holguin, het gesê hulp sal aan die buurland verleen word waar lewensmiddele tans nie vrylik beskikbaar is nie aangesien Venezuela nie oor die finansies beskik om goedere in te voer nie.

Maria Holguin het die grens na Venezuela besoek waar sowat 500 vroue bereid is om in Colombia voedsel te gaan koop as hulle deurgelaat sou word.

Die minister het later gesê as die land sy grens na Venezuela tydelik moet oopstel dan sal dit gedoen word, maar ’n behoorlike ooreenkoms tussen die twee regerings is nodig.

Die president van Venezuela het vroeër die grens tussen die twee lande gesluit toe ’n grens geskil ontstaan het.

Tans is daar ’n beperking op deurgang by die grenspos tussen die twee lande, en kon slegs enkele vroue deurgelaat word weens die streng beheer wat toegepas word om dwelmhandel en smokkelaars vas te vat.

Foto – Venezuela vroue kry geskenke