Clinton nie skotvry oor e-posse

Die Amerikaanse presidentskandidaat en voormalige minister in die Obama regering, Hillary Clinton, is nog nie geheel en al vry van vervolging nie, afgesien van die FBI se aanbeveling om haar nie te vervolg nie.

Clinton is deur die FBI as uiters onverantwoordelik bevind met die wyse waarop sy hoogs vertroulike e-posse hanteer het, maar het aanbeveel dat sy nie vervolg word nie.

Dit het senatore en afgevaardigdes van die Republikeinse Party woedend gelaat, en is die FBI-direkteur tydens ’n sitting in die Huis van Afgevaardigdes onder kruisverhoor geneem.

Die vrae was so skerp oor Clinton se oortreding dat die Amerikaanse departement van binnelandse sake later verplig was om aan te kondig dat die ondersoek na haar optrede heropen word.

Die Republikeine het telkens daarop gewys dat Clinton as minister van buitelandse sake, behoorlik ingelig was oor hoe sy met vertroulike dokumente moet werk, maar het dit nagelaat en roekeloos te werk gegaan.

Kenners in die VSA sê alhoewel dit onwaarskynlik is dat sy wel vervolg gaan word, is daar ’n duidelike bewys dat sy nie onskuldig bevind is nie en dit genoodsaak het om die ondersoek te heropen.