Britte het tyd nodig sê Franse

Die nuut verkose Britse eerste minister, Theresa May en president Hollandè van Frankryk stem saam dat Brittanje tyd nodig het om alles gereed te kry vir uittrede uit die Europese Unie.

Hollandè het egter daarop gewys dat dit belangrik is dat gesprekke in die verband moet plaasvind, maar tog so “spoedig moontlik” moet begin.

Die ooreenkoms staan in skrille kontras met die siening van kanselier Engela Merkel van Duitsland wat gevra het dat premier May die Britte vinnig uit die EU moet kry.

Te midde van Frankryk se oorhoofse siening dat Brexit-onderhandelings so gou moontlik moet begin, het president Hollandè gesê hy het begrip daarvoor dat Brittanje tyd nodig het om voorbereidings te tref.

Die twee staatshoofde het in Parys vergader nadat premier May ook in Duitsland gesprekke gevoer het daaroor met kanselier Merkel.

Theresa May het egter herhaal dat Brittanje nie voor die einde van 2016 die proses ingevolge Artikel 50 sal aktiveer nie, maar het beklemtoon dat Brittanje na uittrede steeds ’n sterk band met Frankryk wil handhaaf.

“Na uittrede uit die EU, sal die twee lande weer in gesprek tree om hulle goeie verhouding as handelsvennote te bly handhaaf, want ons stap nie weg van Frankryk as ons vriend nie” het May gesê.

Foto – Premier May en pres. Hollandè