Britse Arbeidersparty soek nuwe leier

Die omstrede leier van die Arbeidersparty in Brittanje, Jeremy Corbyn moes nie net die verleentheid probeer verwerk toe sy eie ondersteuners in die koukusvergadering ’n mosie van wantroue teen hom ingestel het nie.

Corbyn word daarvan beskuldig dat hy nie genoeg gedoen het om die referendum te wen vir voortgesette lidmaatskap in die EU nie.

Die voormalige skadu persoon van die Arbeiders vir werke en pensioene, Owen Smith, het ’n beroep gedoen op partylede om slegs een kandidaat aan te wys om Corbyn se plek in te neem as leier.

Parlementslede van die Arbeiders meen Owen Smith is moontlik die beste kandidaat om teen Corbyn te staan aangesien hy ultra-links is en meer aanvaarbaar sal wees by die party se ondersteuners in die vakbonde.

Politieke ontleders sê dit is duidelik dat die Britse parlementslede so verdeeld is dat daar onsekerheid bestaan of ‘n herstel binne die volgende dekade bewerkstellig kan word.

Foto – Arbeidersleier Jeremy Corbyn