Brit wil lande help uit EU

Die Britse parlementariër en leier van die onafhanklike konserwatiewe party, (UKP) het bedank as leier, en wil nou as lid van die Europese Parlement, ander lande behulpsaam wees om uit die liggaam te bedank.

Nigel Farage het nie bedank as lid van die Europese Parlement nie, en het gister bekend gemaak dat hy in die liggaam aanbly om ander lande behulpsaam te wees om ook uit die EU te tree.

Hy sê hy is nou meer beweeglik nadat hy as leier van sy party uitgetree het, en kan meer aandag wy om ander met advies te bedien oor uittrede uit die Europese Unie.

Hy sê die EU is besig om te sterwe, en Brittanje se vertrek uit die liggaam bied hoop aan ander lande om die voorbeeld te volg.

Farage het Maandag aangekondig dat hy uittree as leier van die party wat hy gestig het, en wat ten doel was om Brittanje te lei uit die EU, en die taak is nou volbring, het hy gesê.

In 2014 het sy party 24 setels gewen in die Britse verkiesing, en tevore is hy verkies as lid van die Europese Parlement.

Foto – Nigel Farage