Brasilië moet stem oor Rousseff

Die geskorste president van Brasilie, Dilma Rousseff, staar permanente skorsing in die gesig wat kan plaasvind gedurende die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro later vanjaar.

Die opmerking is gemaak deur die leier van die senaat, Renen Calheiros. Hy het bygevoeg dat die senaat waarskynlik in Augustus ’n besluit sal neem.

Hy sê indien die proses verloop soos wat verwag word, kan Rousseff die dag voor die Olimpiese Spele eindig, weet wat haar toekoms is as geskorste president.

In Mei vanjaar het die senaat met ’n meerderheid van stemme, ten gunste van ’n sesmaande tydperk van skorsing beslis, en die moontlikheid dat sy met ’n volgende stemming permanent geskors kan word, is nie uitgesluit nie.

Intussen het Dilam Rousseff die waarnemende president Temer daarvan beskuldig dat hy ook by korrupsie betrokke is soos die drie ministers in sy kabinet wat moes bedank weens beweerde korrupsie.

Kenners wys daarop dat die Rio Spele “afgewater” is weens die honderd deelnemers wat aangekondig het dat hulle nie na die Spele gaan nie uit vrees vir besmetting met die Zika-virus.

Foto – Dilma Rousseff