Brandstof se prys styg weer

Brandstoftenk-word-gevul

Motoriste sal weer eens vanaf Dinsdagnag meer moet betaal vir brandstof. Die keer is die verhogings 8c per liter vir 95-oktaan, 11c vir 93-oktaan en tussen 41c en 42c vir ʼn liter diesel.

Die ru-olieprys in geleidelik besig om te styg was die grootste rede vir die verhoging, alhoewel die beter rand gehelp het om die prysstyging met 17c teen te werk. Die ru-olieprys het oor die naweek weer effens gestyg en het teen $50.35 per vat verhandel met die rand teen R14.56 teenoor die VSA dollar.