Bokkieweek kry groot aftrek

Die redenaars het vanjaar groot aftrek gekry in die kultuurafdeling by die Bokkieweek op Kroonstad. Die leerlinge sal vanjaar se deelname nog lank onthou, want hulle is deur Thea Steenekamp op ‘n geskiedkundige roete deur Kroonstad begelei.

Van die unies wat deelgeneem het, is Stellaland, BCVO, Oos-Transvaal en Griekwas.

Benewens die kultuurafdeling, het die hokkie-, krieket-, netbal- en rugby-spanne van die onderskeie unies sake ook uitgespook.

Vanjaar was die 25ste byeenkoms van die Afrikaner Volkseie Sport (AVS) se Bokkieweek.

Die Winterspele loop vandag ten einde en het vanjaar onder moeilike omstandighede plaasgevind aansien die dorp onder ‘n waterkrisis gebuk gaan. Die organiseerders het egter gesorg dat die Bokkieweek-deelnemers selfvoorsienend is ten op sigte van water en kon ook die inwoners van die dorp help met water.

Vanjaar het sowat 3 500 deelnemers na Kroonstad opgeruk, en dit is ‘n groot finansiële inspuiting vir die dorp aangesien dit die grootste sportgeleentheid tydens die jaar is.

Foto – Die Redenaars by Bokkieweek 2016 is goed ondersteun