Bevolking groei met 3,9 miljoen

Volgens ‘n gemeenskapsopname deur Statistieke Suid-Afrika het Suid-Afrika se bevolking die afgelope vyf jaar met 3,9 miljoen toegeneem sedert die laaste sensus.

Hiervolgens is die bevolkingtal nou 55,7 miljoen teenoor 51,8 miljoen in 2011.

Die meeste mense is in Sentraal-Transvaal, waar 13,4 mense woon en die ekonomiese kern van die land uitmaak.

Hierna volg Natal met 11 miljoen inwoners, en die Oos-Kaap en Wes-Kaap met R 7 miljoen inwoners elk.

Met slegs 1,2 miljoen inwoners is die Noord-Kaap die provinsie met die laagste bevolkingstal.

Sedert die laaste sensus in 2011 het die aantal huishoudings in die land van 14,5 tot 16.9 miljoen in 2016 gestyg. Sowat 58,7% huishoudings het ‘n man aan die hoof.