Assad reken oorlog is amper verby

Die Siriese president, Bashar al-Assad is daarvan oortuig dat die stryd teen die terroriste en Siriese rebelle binne enkele maande deur sy magte gewen sal word, veral omdat die Russiese vegvliegtuie en weermaginstrukteurs bydra tot die sukses.

Tydens ’n onderhoud met ’n Amerikaanse uitsaaier sê Assad dat Moskou het met hom die stryd bespreek en het geensins aanbeveel dat hy uiteindelik sy amp moet neerlê as president nie.

Hy sê die onderwerp rakende die amp as president is nooit bespreek nie en die Russiese president het by geleentheid gesê die besluit oor wie die land moet regeer lê by die volk van Sirië.

Woordvoerders in die VSA sê egter dat Assad se siening ’n “illusie” is omdat die stryd nooit sal eindig voordat ’n ander regering saamgestel word waarvan Assad nie deel is nie.

Die Amerikaners het vir etlike jare die rebelle van wapens en ander middele voorsien in die hoop dat hulle die stryd teen Assad se weermag sou wen, maar die rebellemagte het verskeie besendings wapentuig verloor weens die aanvalle van IS-terroriste.

Met Rusland se toetrede tot die stryd teen terroriste, het die rebellemagte swaar verliese gely, want Moskou het almal as terroriste gesien wat in opstand is teen ’n verkose regering.

Foto – Pres. Bashar al-Assad