Al-Kaïda aanval eis 22 lewens

Die wreedste terroriste beweging op aarde, Al-Kaïda, het verantwoordelikheid aanvaar vir die wrede dood van minstens 22 burgerlikes in die verre noorde van Sirië.

Die terroriste het die afgelope naweek die 22 burgerlikes, waaronder kinders was, in die Idib-provinsie in die noordwestelike streek van die land, op wreedaardige wyse vermoor.

Die Siriese Menseregte Waarnemers het die inligting kort na die aanval bekend gemaak en gesê die terroriste het die burgerlikes om die lewe gebring nadat Siriese soldate hulle verdryf het uit die dorp Darkush.

Die dorp word egter beheer deur terroriste groepe wat die grootste deel van die inwoners gyselaar hou.

Gebrekkige inligting oor wat in die gebied plaasvind, word toegeskryf aan die afgeleë gebied waar die terroriste hulle stewig ingegrawe het en inwoners verhoed om die dorp te verlaat.

Lugaanvalle kan nie op die dorp uitgevoer word sonder om die burgerlikes te dood nie, en Siriese soldate beskik nie oor die ervaring om die terroriste te verdryf of die dorp te verower nie.

Minstens vier verskillende terroriste groepe het hulle as ’n koalisie, in die dorp ingegrawe en stuur selfs daarvandaan terreurgroepe oor die grens na Turkye.