Agt joernaliste by SAUK afgedank

Sewe van die SAUK se joernaliste is amptelik afgedank en die agste een se kontrak is beëindig omdat hulle hul teen sensuur by die uitsaaier uitgespreek het.

Dit volg nadat vier van hulle gister afdankingsbriewe ontvang het.

Die agt joernaliste het intussen ‘n aansoek om direkte toegang tot die konstitusionele hof gerig oor die SAUK se besluit om nie beeldmateriaal omtrent gewelddadige onluste uit te saai nie ongedaan te maak.

Hulle beoog ook om ‘n dringende aansoek tot die arbeidshof te rig oor die kwessie.

Die agt joernaliste is: Foeta Krige, Suna Venter, Jacques Steenkamp, Krivani Pillay, Lukhanyo Calata, Thandeka Gqubule, Busisiwe Ntuli en die agste een is die vryskut joernalis, Vuyo Mvoko, wie se kontrak beëindig is.

Foto – Foeta Krige op Facebook