Aanvaller doodgeskiet wat man inwag

‘n Man het ‘n aanvaller doodgeskiet wat hom met sy terugkeer van die Innibos fees op die Hilltop-kleinhoewes buite Nelspruit ingewag en aangeval het.

Die twee Stander-broers, wie se name nie bekend gemaak is nie, is deur twee verdagtes gewapen met ‘n geweer en messe ingewag.

Een van die broers is uit sy motor gepluk en ‘n stoeiery het ontstaan. Hy het sy vuurwapen in die hande gekry en die aanvaller doodgeskiet nadat hyself seergekry het. Die aanvaller se trawant het op die vlug geslaan.

‘n Vuurwapen is by die oorledene gekry.

Die slagoffer sterk tans in ‘n plaaslike hospitaal aan.

Die saak word deur die polisie ondersoek.

Foto – Die Hilltop-omgewing