19; Oostenrykse hof vonnis haat-prediker

Tot aan die einde van die verhoor het die beskuldigde gepleit dat hy onskuldig is, maar die 34-jarige Bosniese haat-prediker, Mirsad Omerovic, is nietemin tot 20 jaar tronkstraf gevonnis.

Die Oostenrykse hoërhof het bevind dat die skuldige weens sy YouTube-video’s skuldig is daaraan dat hy jongmense in die land aanmoedig om aan te sluit by die Islamitiese Staat (IS) terroriste beweging.

Behalwe sy optrede in Wene, sou hy ook in Duitsland en in Bosnië die jongmense aanspoor en opsweep terwyl hy onder die vaandel van “popster optrede” van plek tot plek sou beweeg.

Die opsweper het in die Oostenrykse hoofstad Wene gewoon waar hy as prediker gewerk het, terwyl hy ook as werwer vir terroriste bewegings bedrywig was.

Toe die polisie ’n klopjag uitvoer by sy huurhuis, kry hulle ’n groot klomp geld en ander toerusting wat normaalweg aan terroriste organisasies behoort.

Die prediker wat ook die vader van ses kinders is, het talle jongmense beïndruk met sy motiverings wat talle hoorders oorreed het om IS-terroriste te word.

Hy het selfs die jongmense aangemoedig om minstens een Siriese burger om die lewe te bring sodat hy kan kwalifiseer om by die IS-magte aan te sluit.

Die konserwatiewe regering van Oostenryk is sterk gekant teen migrante, en het verlede jaar sy grense gesluit vir migrante.