Water op planeet Pluto?

Diep onder die bevrore oppervlakte van die bitter koue dwerg-planeet Pluto, is waarskynlik nog steeds ’n massiewe ondergrondse oseaan met vloeibare water.

Dit blyk uit die jongste berekenings wat gebaseer is op die waarnemings van die Amerikaanse planeet deskundiges van “New Horizons” wat in 2015 se somer vlak langs die klein planeet beweeg het.

Die oppervlakte van Pluto vertoon glo ’n soort voorkoms wat gewoonlik deur water teweeggebring is en bestaan daar redelike sekerheid dat water op die planeet is, al is dit dan ondergronds.

Wat wetenskaplikes nou probeer vasstel is of die watermassa wat in ’n ondergrondse oseaan is, en klaarblyklik in vloeibare vorm is, vroeër tog op die oppervlakte was.

Dit mag wees dat die ondergrondse oseaan baie lank gelede ontstaan het, of kon selfs net ’n paar eeue gelede gevorm wees.

Indien die oseaan lank gelede ontstaan het, kan dit egter wees dat dit reeds een algehele ysblok is.