VW stig "diesel fonds" met miljarde

Om te verseker dat die Amerikaners nie ’n hofgeding teen Volkswagen begin nie, het die Duitse vervaardiger ’n fonds tot stand gebring van sowat 20 miljard euro wat aangewend sal word om eienaars van dieselmotors te vergoed.

Die departement van justisie in die VSA het van Volkswagen vereis om ’n plan voor te lê om die eienaars van voertuie te vergoed voor die einde van Julie 2016.

Met die fonds wat gestig is, sal Volkswagen bedrae wat wissel van $1,000 tot $7,000 aan eienaars betaal wat geraak is deur die “diesel-skandaal”.

Die bedrag word bepaal deur die voertuig se ouderdom van die sowat 480,000 eienaars in die Verenigde State.

Intussen is toetse in Duitsland uitgevoer waar bevind is dat Amerikaanse motors in die land dieselfde oortreding begaan het.

Dit is egter onbekend of die Duitse regering, of Volkswagen, moontlik met ’n aksie teen die Amerikaanse motorvervaardigers gaan begin.