Vuwani matrieks haal skoolwerk by kampe in

Bykans 2 000 matriekleerlinge van Vuwani in Noord-Transvaal woon klasse in spesiale kampe by nadat hulle al twee maande lank nie kon skoolgaan nie omdat meer as 20 skole in die gebied afgebrand is.

Die leerlinge is opgedeel in drie groepe, waarvan een groep in Seshego buite Pietersburg, ‘n ander buite Tzaneen en die derde groep in Louis Trichardt sal skoolgaan.

Die klasse sal vir twee maande aangebied word en is daarop gemik om die leerlinge te help om agterstallige werk in te haal.

Meer as 52 000 leerlinge word in Vuwani geraak deur die skole wat afgebrand of beskadig is.

Die regering het R22 miljoen betaal om mobiele eenhede as klaskamers aan te koop, maar dit staan al weke leeg weens ‘n wegbly-aksie.

Die eenhede word aldus die departement van onderwys nie vir die matriekleerlinge gebruik nie omdat die situasie in Vuwani steeds gespanne is.

Meer as 20 skole in die gebied is afgebrand omdat betogende inwoners ontevrede daarmee is om deel te word van ‘n voorgestelde nuwe munisipaliteit.