Verdagtes ook van moord op Annatjie Myburgh aangekla

Die twee verdagtes wat verbind word met die kaping en ontvoering van Annatjie Myburgh van Witrivier gaan volgens die voorlopige klagstaat ook van moord aangekla word.

Myburgh is aldus die beskikbare inligting dood aan ‘n hartaanval weens die angs en trauma waaraan sy onderwerp is. Die hof wag egter steeds op ‘n finale beslissing oor wat haar dood veroorsaak het.

Selby John Mabila (26 jaar) en ‘n Mosambiekse burger, Paul Matibula (32 jaar), het vlugtig in die hof verskyn.

Hulle sou om borgtog aansoek gedoen het, maar het gister in die hof aangedui dat hulle daarteen besluit het.

Hulle sal weer op 19 Julie in die hof verskyn.