Turkye soek aansluiting by Russe

Die uiters omstrede president Recep Ayyip Erdogan van Turkye het in ’n skrywe aan die Kremlin sy “opregte verskoning” aangebied vir die neerskiet van ’n Russiese vegvliegtuig in 2015.

Erdogan skryf dat die neerskiet van die vegvliegtuig nie ’n opsetlike daad van aggressie was nie.

In Turkye is ’n verklaring uitgereik waarin die Russe se verlies betreur word en is ’n halfhartige “verskoning” vir die daad aangebied.

Die Russe se vegvliegtuig is in die Siriese lugruim neergeskiet deur twee missieldraende vegvliegtuie van Turkye, wat beweer het die Russiese tuig het die Turkse lugruim geskend.

Rusland het heftig beswaar gemaak en alle bande met Turkye verbreek en Russiese vakansiegangers versoek om Turkye te vermy en diplomatieke bande is verbreek.

Waarnemers sê die jongste optrede van die Turkse president laat nuwe vrae ontstaan, veral in die lig van die land se verslegtende verhouding met Duitsland.

Dit word as ’n vreemde gebaar beskou, veral omdat die voorval bykans ’n jaar gelede plaasgevind het.