Sybokhaar styg steeds hoër

Met ’n geringe styging in die produksie van sybokhaar, is dit ’n merkwaardige prestasie wat bereik is deur die Suid-Afrikaanse boere wat die droogtetoestande moes trotseer.

Die styging van bokhaar met bykans 2,5 miljoen kilogram verteenwoordig slegs ’n 1,2% vermeerdering, maar in landboukringe word dit as ’n besondere prestasie beskou.

Suid-Afrika produseer sowat 66% van die wêreld se sybokhaar, en is daarvoor bekend dat dit ook die beste gehalte is wat geproduseer word.

Die bykans 2 miljoen kilogram bokhaar wat eers in die tweede helfte van die wintertyd opgeveil word, kan egter die stygende tendens in die prys kortwiek, aangesien dit ’n tyd is wanneer kopers gewoonlik ’n kontantvloei probleem ondervind.

Kobus de Klerk van Sybokhaar SA het die saak aangeroer tydens sy rede as voorsitter en gesê dit is ’n aangeleentheid wat dringende aandag verdien in belang van die boere.