"Snaakse vrae" waarom intelligensie ontbreek

“Snaakse vrae gevra deur snaakse mense” is die antwoord van die minister van staatsveiligheid, David Mahlobo op vrae waarom die owerheid, wat oor klaarblyklik goeie inligting beskik het voor die Tshwane-opstande verlede week, nie opgetree het om die anargie te voorkom nie.

Getrou aan die beleërde ANC se “apartheids”-retoriek, het hy die gebrekkige reaksie van die regering probeer regverdig deur te sinspeel dat om “moontlike misdadige elemente dop te hou of agtervolg” herinner aan “apartheidstaktiek”.

Die minister hou vol dat, met beskikbare inligting, daar wel voldoende voorsorgreëlings getref was. Gebeure verlede week weerspreek egter hierdie standpunt.

Aldus onafhanklike ontleders, is die enigste vraag wat tans onbeantwoord is, of die ANC-regime heeltemal uit sy diepte is, of is hierdie bloot die ANC wat terugtree na sy ware grondslag – rewolusionêre geweld?

Die komende dae en weke sal ons waarskynlik dat ons uit ANC-kring begin verneem van die sogenaamde “derdemag” – daardie selfde skim waarmee die Nelson Mandela persoonlik die 1990-94 geweldseskalering regverdig het.

Die grondwerk is reeds hiervoor gelê deur Mantashe se ontkenning dat die geweld aan ANC-lede toegeskryf kan word.

Waarom sou die ANC hierdie pad kies?

Sy hele geskiedenis van swart-op-swart geweld en aanvalle op “sagte teikens”, ons blanke vroue en kinders, spreek van ´n kommunistiese geringskatting van menselewens.

Verder, wanneer mense uit vrees moet skarrel, is ANC korrupsie, nepotisme en diefstal van staatsgeld ver van daardie mense se gedagtes.

Ten slotte, “real-politik” beteken dat die massa teen wil en dank die man met die panga of petrolbom in sy hande sal steun, as die alternatief ´n barbaars-pynlike dood is.

Foto – David Mahlobo