Selfmoordbom ruk Istanboel

Op die internasionale lughawe van Istanboel het drie reuse ontploffings die gebou geskud en die lewens van 36 mense geëis.

Die voorval het minstens 147 mense gewond gelaat wat inderhaas na verskeie hospitale vervoer moes word.

Die onlangs verkose premier van Turkye, Benali Yildirim, het beweer dat die aanval deur Islamitiese Staat terroriste uitgevoer is.

’n Ooggetuie het later beweer dat geweerskote ook gehoor is wat afkomstig was uit ’n nabygeleë parkeerterrein.

Benewens die bomontploffings is twee handgranate ook na die mense geslinger wat in die lughawegebou was.

Alhoewel die terroristegroep nog nie ’n verklaring gemaak oor die voorval nie, maar kenners wys daarop dat die ontploffings sterk ooreenkomste toon met die Brussel-lughawe voorval.

Die grootste aantal wat omgekom het, is Turke, maar verskeie buitelanders is getref en tientalle verkeer nog in hospitale om wonde te behandel.

Die stad se ambulansdiens was oorlaai, en taxivoertuie is ingespan om die gewondes vinnig by hospitale te kry.

Die lughawe is ontruim en polisie fynkam die terrein om moontlike leidrade te vind.