SA hoogleraar benoem op VN komitee

‘n Hoogleraar in menseregte aan die Universiteit van Pretoria, prof. Christof Heyns, is aangewys as een van die 18 lede van die Verenigde Nasies se Menseregtekomitee.

Hy is in Maart vanjaar deur die Suid-Afrikaanse regering benoem as kandidaat om ‘n komiteelid te word.

Heyens is in 2010 by die VN aangestel om gevalle te help monitor waar mense sonder behoorlike regsprosesse tereggestel word.

Foto – prof. Christof Heyns