Russe saai verwoesting in Aleppo

Russiese vegvliegtuie het die Siriese weermag soldate ondersteun in ’n verwoestende reeks aanvalle in die omgewing van Aleppo, ten noorde van Sirië.

Die aanvalle is uitgevoer om terroriste en sogenaamde rebelle vegters uit die gebied te verdryf, terwyl honderde inwoners wat deur terroriste aangehou is, op die vlug geslaan het.

Die Russiese aanvalle het tot gevolg dat die laaste basisse wat voorraad aan die terroriste lewer, ook in die slag gebly het.

Die afgelope naweek het die Russe op versoek van die Siriese weermag, weer toegetree tot die stryd teen die terroriste in die gebied, en verwoestende aanvalle uitgevoer terwyl soldate van die weermag inbeweeg het om die vyandelike rebelle te verdryf.

Rusland het ook die laaste hoofroete wat deur die rebellemagte beheer word, aangeval en “skoonskip” gemaak deur die vyandelikes te vernietig in die gebied.

Na wat berig word is meer as 70 terroriste gedood in die aanvalle, en talle het op vlug geslaan toe die aanvalle uitgevoer is.

Verskeie burgerlikes is dood en talle gewond in die aanvalle.