Pepsi gebruik weer aspartaan-versoeter

Die koeldrankvervaardiger Pepsi gaan glo terugkeer na ’n vorige gebruik om die gevaarlike middel, aspartaan, as versoeter te gebruik in sekere koeldranke wat in die VSA verkoop word.

Vir etlike jare word die middel nie meer in Amerika gebruik as versoeter in koeldrank nie weens die feit dat dit kanker kan bevorder.

Pepsi sal die middel in hulle “Pepsi-light”-reeks gebruik.

Aspartaan word redelik algemeen as ’n opwekker van kanker beskou, en is in verskeie lande verbied om in koeldrank gebruik te word.

In Amerika word die gebruik van aspartaan nie as ’n onveilige middel beskou nie, alhoewel die produk ’n negatiewe beeld by gesondheidbewuste mense het.

Pepsi het in Augustus 2015 ’n nuwe formule “ligte” koeldrank op die mark gesit, en is aspartaan vervang met Splenda, maar die nuwe smaak het nie byval gevind by die kliënte nie en verkope het gedaal.

Gevolglik kan die kliënte weer binnekort Pepsi-cola “light” koop met aspartaan.