Monthly Archives: June 2016

Kommentaar – Verdeeldheid

In Brittanje het die kiesers gestem vir of teen voortgesette lidmaatskap van die Europese Unie, maar die referendum het die kiem van verdeeldheid gedra wat nog lank onthou sal word….

Aanslag teen Trump verskerp

Die Republikeinse presidentskandidaat Donald Trump is waarskynlik die rykste kandidaat wat ooit in Amerika aan ’n verkiesing deelgeneem het. Gerugte doen nou die rondte dat sy veldtog onder verdenking is…

Turkye blokkeer Duitse afvaardiging

’n Hoë-profiel afvaardiging van Duitsland se besoek aan ’n belangrike afdeling soldate, wat betrokke is by gevegte teen die Islamitiese Staat (IS) terroriste, is by ’n lughawe deur Turkse beamptes…

Bloedige gevegte woed in Libië

Minstens 29 burgerlikes is gedood in hewige gevegte in ’n dorp ten ooste van die Siriese grens nadat ’n ontploffing verskeie geboue beskadig het. Die dorp, Garabulli, se plaaslike woordvoerder…

Skandaal tref Spanje voor verkiesing

Slegs drie dae voor die Spanjaarde se algemene verkiesing, eis opposisiepartye die bedanking van die nasionale Volksparty se minister van binnelandse sake, Fernandez Diaz. Diaz het in die spervuur beland…

N-Korea slaag met missiel lansering

In die heel laaste toets van die afgelope week wat deur Noord-Korea uitgevoer is met die lansering van ’n middelafstand missiel, het die kommuniste blykbaar ’n mate van sukses gehad,…

Sonkrag vliegtuig suksesvol oor oseaan

Die bekende sonkrag aangedrewe “Solar Impulse” vliegtuig het daarin geslaag om in Spanje te land na ’n vlug oor die Atlantiese Oseaan. In die vlugprogram om rondom die aarde te…

Swede al strenger teen asielsoekers

Die Sweedse parlement het met ’n groot meerderheid ten gunste van strenger asielwetgewing besluit. Die besluit beheld onder meer dat die bestaande reg om asielsoekers se permanente verblyfreg om te…

Hong Kong die duurste stad

In die rangorde van die duurste stede waarin mense leef, is Hong Kong heel bo in die lys, terwyl Windhoek in Namibië, wat die 209 se posisie het, die goedkoopste…

‘n Vis vrot mos van die kop af

Vrese bestaan dat die geweldpleging in Pretoria kan oorspoel na ander dele van die land weens ontevredenheid met kandidate wat op nasionale vlak deur die ANC vir burgemeestersposte benoem is….

Guptas wil hul eie bank begin

Die Gupta-broers beoog om hulle eie bank te begin nadat hulle onlangs deur Suid-Afrika se groot banke geswartlys is weens beweerde staatsbeïnvloeding, oftewel staatskaping. Die direkteure van Oakbay Investments, wat…

ANC volhard met Didiza as kandidaat

Ondanks die geweldpleging wat steeds plek-plek voortduur in Pretoria, is die ANC besig om deur te druk met sy besluit om Thoko Didiza as burgemeesterskandidaat vir Pretoria te bevorder. Didiza…

Tukkies en US keer Afrikaans rug toe

Twee voorheen ‘tradisioneel’ Afrikaanse universiteite het pas Afrikaans ‘n verdere nekslag as akademiese taal toegedien met die aanvaarding van hulle nuwe taalbeleidsrigtings. Dit volg nadat die Universiteit van Pretoria se…

Cosatu takel "groep wit" Springbokke

‘n “Groep wit” Springbokke is daarvan beskuldig dat hulle transformasie in rugby op verskillende maniere probeer saboteer. Hierdie aantygings is gemaak deur die sekretaris van Cosatu in die Wes-Kaap, Tony…

OVK maan teen geweld

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het sy “diep kommer” omtrent die toenemende vlak van politieke geweld en intimidasie in aanloop tot die munisipale verkiesing op 3 Augustus in ‘n verklaring oorgedra….

Regter opnuut in ras herrie

Onmiddellike optrede word geëis teen die Pretoriase hooggeregshof regter Mabel Jansen oor haar jongste boodskappe op sosiale media, hierdie keer op Twitter. Sosiale media-gebruikers is woedend en sê haar twiets…

Onluste in Pretoria is beplan

‘n Groep ondersteuners van die Pretoria se huidige burgemeester, Kgosientso Ramokgopa, het by ‘n hotel in Arcadia byeengekom om saam te sweer om die stad in ‘n slagveld te verander…

Renoster wesie gestroop

‘n Jong renoster wesie is vandeesweek deur stropers in die Renoster en Leeu Natuurreservaat by Krugersdorp doodgeskiet en altwee sy horings is verwyder. Die 18-maande oue renoster is na die…

Waterperkings langs riviere geld nog nie

Waterbeperkings vir besproeiingsboere langs die Vaal- en Oranjerivierstelsel is nog nie gefinaliseer nie en sal eers in werking tree sodra ‘n besluit daaromtrent in die Staatskoerant verskyn het. Samesprekings word…

Trauma en angs kos Annatjie Myburg se lewe

Die familie van Annatjie Myburgh van Witrivier het bekend gemaak dat ‘n nadoodse ondersoek aan die lig gebring het dat sy aan ‘n hartaanval beswyk het. Sy het waarskynlik die…

Trump neem afskeid van sy verkiesingshoof

Die direkteur en hoof van Donald Trump se verkiesingsveldtog, Corey Lewandowski, se betrokkenheid by die veldtog het ten einde geloop nadat hy deur die presidentskandidaat afbetaal is. Die linkse “New…

VSA Senaat verwerp nuwe wapenbeheer

Alhoewel die Amerikaanse president, Barack Obama, ’n verbete poging aangewend het om strenger wapenbeheer van krag te maak, het die Senaat die Demokratiese Party se voorstel daaroor verwerp. Die Obama-regering…

Ondersoek na oud-hoof van VW

Duitse wetstoepassers het begin met ’n ondersoek na die voormalige hoof uitvoerende beampte van Volkswagen, Martin Winterkorn en ’n kollega, Herbert Diess, oor hulle moontlike aandeel in die “diesel-skandaal”. Die…

N-Korea missiel lansering misluk weer

Die kommunistiese regering van Noord-Korea het Dinsdag weer misluk in hulle pogings om ’n vuurpyl lansering uit te voer. Volgens inligting was die doel om ’n suksesvolle lansering te doen…

Venezuela petisie word nagegaan

Die Verkiesingskommissie in Venezuela het meer as ’n miljoen handtekeninge ontvang van kiesers wat eis dat gestem word om die land se president, Nicolas Maduro, uit sy amp te ontslaan….

Iranse weermag fnuik terroriste

In Iran het die land se weermag ’n beplande aanval van die Islamitiese Staat (IS) om honderde burgerlikes te dood, betyds gefnuik deur teenoptrede. Die inligting is vrygestel deur die…

Dalk verkiesingsbedrog in Oostenryk?

Getuienis word versamel in die Oostenrykse hoofstad, Wene, nadat bewerings gemaak is dat verkiesingsbedrog plaasgevind het tydens die presidentsverkiesing wat die liberale Groenparty se kandidaat met ’n skrale meerderheid laat…

Apple weier borgskap vir Republikeine

Die Apple-maatskappy het geweier om die borgskap goed te keur vir die Republikeinse Konvensie wat volgende maand plaasvind. Na wat berig word het Apple besluit om nie die “Goeie Ou…

Nog ‘n bemagtiging projek misluk

Kwaaddoeners en inwoners naby Kidd’s Beach, nie ver van Oos-Londen in die Oos-Kaap nie, het ’n plaas wat makadamia-neute produseer, gesaboteer. Die plaas wat deur die ANC-regime teen ’n koste…

Klag teen ANC gelê oor geweld

‘n Klag gaan vandag teen die ANC in Sentraal-Transvaal by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Garsfontein ingedien word oor die onluste en geweld wat sedert die afgelope Sondag in Pretoria…

Nuusflitse

Die boukontrakteur, Gerrie Kachelhoffer, is gisteraand in Lebowakgomo gekry nadat hy Maandag by Chuenespoort vermis geraak het. ‘n Taxibestuurder het hom herken op grond van pamflette wat in die gebied…

Zuma se leë dop groeiplan

Ingeligte kommentators slaan die hande saam vir die niksseggende verklarings deur die president na samesprekings met die presidensiële arbeidswerkgroep gister. Juweeltjies soos dat “ … werk geskep moet word ten…

Cyril besorg oor stam-aard van geweld

In sy veroordeling van geweld wat uitgebreek het, omdat die ANC hul gekose kandidaat op Tshwane-metro wil afdwing, het adjunk-president Ramaphosa sy kommer uitgespreek oor die stam-aard wat die geweld…

Miljarde rande gaan op in rook

Miljarde rande se skade is tot dusver oor die afgelope dae aangerig aan busse, vragmotors en ander voertuie asook eiendom soos geboue. Skade aan infrastruktuur soos paaie en padtekens asook…

Uit die Woord – Bedroef nie die Heilige Gees nie

En bedroef nie die Heilige Gees van God nie … Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het (Efés. 4:30,…

Regime is in beheer – gaan normaal aan

Die ANC se topstruktuur  wil voorgee dat die gewelddadige onluste veral in gebiede direk om Pretoria slegs die optrede is van “bendelede” en “anargiste” wat daarop uit is om die…

Op die Volksakker – Geweld as politieke strategie

Die nalatenskap van 16 Junie 1976 raak daagliks meer sigbaar in die toenemende geweld. Tans is daardie geweld grootliks beperk tot voormalige swart gebiede, wat net plek-plek oorspoel na voormalig…

Pretoria strate ontaard in klein rewolusie

‘n Rewolusie in die kleine het tot dusver afgespeel in en om die hoofstad van Suid-Afrika, Pretoria, waaruit die ANC se algehele onvermoë om die land te regeer duidelik blyk….

Tweede verdagte in Myburgh saak verskyn

‘n Tweede verdagte het gister vlugtig in die landdroshof op Witrivier agter geslote deure verskyn in verband met die kaping en ontvoering van Annatjie Myburgh (58 jaar). Die hof het…

Rome kry eerste vroulike burgemeester

Die Italiaanse eerste minister, Matteo Renzi, se kanse om die Oktober referendum te wen, het verskraal nadat die nuwe “Vyf Ster Beweging” die plaaslike owerheid verkiesing in Rome oortuigend gewen…

Al meer vroue in politiek betrokke

Dit is nie net Duitsland se Bondskanselier Angela Merkel wat die regeerder van haar land is nie, want al meer vroue tree sterk na vore in die politiek. Die toetrede…

Terroriste word oral vasgevat

Die Islamitiese Staat en Al Kaïda terroriste word oral vasgevat nadat Europese lande saam met regeringsmagte van lande in die Midde Ooste saamspan om die terreurdade te verhinder. In Jemen…

Poolse vroue betoog teen aborsiewet

Die grootste optog van vroue wat nog in Pole gehou is, het die afgelope naweek in die hoofstad Warskou plaasgevind om te protesteer teen die land se aborsiewette. Die wet…

Hongersnood vir duisende in herowerde Fallujah

Die Irakse regering het aangekondig dat die belangrike stad, Fallujah, nou van terroriste bevry is, maar dat die stryd derduisende inwoners wat moes vlug vir hulle lewens, sonder enige lewensmiddele…

Miljoene vlugtelinge op aarde

Wêreldwyd is die totale aantal vlugtelinge op meer as 65 miljoen mense gestel wat in opnames gedoen is deur die Verenigde Nasies. Die vlugtelinge is almal ontwrig weens die geweld,…

Man gevang wat Trump wou skiet

’n Man van Brittanje is in hegtenis geneem wat probeer het om ’n polisiebeampte se vuurwapen af te neem omdat hy die Republikeinse presidentskandidaat, Donald Trump daarmee wou skiet. Terwyl…

Buffel verkoop vir miljoene Rand

Die Pretorius-familie van Warmbad distrik het ’n dragtige buffelkoei tydens ’n veiling vir R6,2 miljoen gekoop, wat as ’n nuwe rekord beskou kan word. Die koei is dragtig met die…

Groeiende onrus oor Onteieningswet

Groeiende onrus oor die omstrede wetsontwerp op grondonteiening is besig om die landbouers en ekonomiese instellings diep bekommerd te maak nadat die volledige implikasies ontleed is. Weens die vaagheid van…

Reuse soektog na Natalse plaasaanval geloods

Boere, veiligheidsmaatskappye en die polisie het ‘n intensiewe soektog geloods om die gewapende aanvallers aan te keer wat die Goettsch-broers op hul plaas, Wild Duck Vlei, 15 km van Dundee…

Onluste dwing ANC om sake uit te stryk

Die ANC se nasionale en provinsiale strukture sal na verwagting vandag vergader met takke van die party in en om Pretoria weens die gewelddadige onluste wat uitgebreek het na die…