Obama sukkel om sy sin te kry

Die Hooggeregshof in Amerika het by ’n doodloopstraat gekom oor president Barack Obama se immigrasie-plan wat hy gebruik om die Republikeinse leiers in die Senaat te kritiseer omdat hulle weier dat ’n ander regter aangewys word.

Die Republikeine het as meerderheid in die Amerikaanse Senaat, geweier dat Obama die geleentheid kry om ’n ander regter aan te stel, met die argument dat dit die reg van die nuwe president is.

Barack Obama se sogenaamde hervormingsplan vir immigrasie word sterk teengestaan deur die Republikeine, aangesien hulle nie te vinde is vir die “affirmative action” plan van Obama nie.

Die Republikeine se standpunt strek verder met die vrees dat Obama burgerskap wil toeken aan sowat 4 miljoen onwettige migrante, wat kan uitkring dat ’n totaal van 11 miljoen onwettige migrante dan sal kwalifiseer vir burgerskap.

Dit het daartoe gelei dat die Republikeine die Obama regering hof toe geneem het, en 26 deelstate wat deur die Republikeine regeer word, beveg nou die Demokrate se pogings.

Die hooggeregshof kon blykbaar nie tot ’n finale beslissing kom nie en het slegs ’n uitspraak gelewer wat lui dat die hof “4 teen 4” gestem het, wat ’n onbesliste bevinding is.

Die hof, wat bestaan uit nege regters, is gekortwiek omdat een regter,  Antonin Scalia, onverwags oorlede is.

Obama het ’n ander regter aangewys, maar die Republikeins beheerde Senaat het geweier om daaraan goedkeuring te gee.

Foto – VSA Senaat