Nuwe Britse premier in September

Die nuwe eerste minister van Brittanje sal die huidige David Cameron vervang gedurende September, het die Konserwatiewe Party in ’n media onderhoud aangekondig.

Die regering verkeer onder hewige druk nadat premier Cameron aangekondig het dat sy uittrede in Oktober is.

Graham Brady, voorsitter van die sogenaamde “1922-Komitee” van die Konserwatiewe Party het daarop gewys dat die aanbeveling gemaak is om die leierskap verkiesing se eerste prosesse reeds volgende week te laat begin.

Die Komitee het ook aanbeveel dat die verkiesingsproses nie later as op Vrydag 2 September afgehandel moet word nie.

Hy sê dit is moontlik dat die proses wel vroeër afgehandel kan word in sekere omstandighede, maar beveel aan dat die sperdatum nie later moet wees nie.

Die moontlikheid bestaan dat Boris Johnson, wat Brexit geïnisieer het, verkies kan word as nuwe eerste minister, sonder dat hy enige opponent het, alhoewel nie al die Konserwatiewe parlementariërs hom sal steun nie.

Foto – Johnson en Cameron