Nkandla – hof keur tesourie se R7,8 miljoen goed

Die grondwetlike hof het die tesourie se aanbeveling goedgekeur dat president Jacob Zuma net meer as R7,8 miljoen moet betaal vir nie-veiligheidsopgraderings by sy woonkompleks by Nkandla.

Die ANC in Natal en Oos-Transvaal het reeds ‘n beroep op partylede gedoen om hom te help met die terugbetaling van die geld, en ander provinsies sal hoogs waarskynlik hul voorbeeld volg.

Die sogenaamde Vriende van Jacob Zuma Trust is aan die begin van die jaar deur sakemanne gestig om hulp aan hulle president met ‘n Nkandla-terugbetaling te verleen.

‘n Waarskuwing is intussen deur die presidensie aan die publiek gerig om bedag te wees op bedrieglike versoeke om geld in te betaal in enige bankrekening om die president se Nkandla-betaling te delg.